Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 28:20-28 Bybel vir Almal (ABA)

20. Dit is hoekom ek gevra het om julle te sien sodat ek met julle kan praat. Ek glo en hoop dieselfde dinge wat al die Israeliete glo en hoop. Dit is hoekom ek nou ’n gevangene is, en dit is hoekom die soldate my vasgemaak het met kettings.”

21. Die Jode in Rome het vir Paulus gesê: “Die Jode in Judea het nie vir ons briewe geskryf oor jou nie. En niemand van hulle het hier by ons aangekom en slegte dinge gesê van jou nie.

22. Maar ons wil graag hoor wat jy dink, want ons weet hierdie groep mense glo in Jesus, maar die mense sê oral dat die groep verkeerde dinge glo.”

23. Hulle het toe besluit op watter dag hulle weer na Paulus toe sal kom. Op daardie dag het baie Jode na Paulus se huis gekom. Hy het die hele dag met hulle gepraat. Hy het baie ernstig met hulle gepraat en hy het vir hulle gesê dat God Koning is. Hy het ook uit die Wette van Moses en die boeke van die profete gelees en hy het vir hulle gesê dat hulle in Jesus moet glo.

24. Party van die Jode het geglo wat Paulus gesê het, maar party het nie geglo nie.

25. En hulle het met mekaar gestry. Toe hulle uit Paulus se huis uitgaan, het hy nog hierdie een ding vir hulle gesê: “Die Heilige Gees het vir die profeet Jesaja iets gesê wat Jesaja vir julle voorvaders moes gaan sê. Wat die Heilige Gees gesê het, is waar.

26. Hy het gesê:“Jy moet na hierdie volk gaan en jy moet vir hulle sê:“Julle sal hoor en hoor,maar julle sal niks verstaan nie.Julle sal kyk en kyk,maar julle sal niks sien nie.

27. Hierdie volk hethardkoppig geword.Hulle het opgehou luistersodat hulle nie kanverstaan nie.Hulle het hulle oë toegehousodat hulle nie kan sien nieen nie kan verstaan nie.Ek wil hulle gesond maak,maar hulle wil nie veranderen lewe soos Ek wil hê nie.

28. “Daarom moet julle weet dat God sy boodskap na die heidene toe gestuur het, die boodskap dat Hy mense wil red. En hulle sal die boodskap glo.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 28