Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 26:25-32 Bybel vir Almal (ABA)

25. Maar Paulus het gesê: “Geagte Festus, ek is nie mal nie. Ek praat die waarheid, ek praat soos ’n wyse man praat.

26. Ek is nie bang om met koning Agrippa te praat nie. Want ek weet en ek is seker dat hy weet van hierdie dinge wat ek sê, want hierdie dinge het gebeur waar almal dit kon sien.

27. Koning Agrippa, glo jy wat in die boeke van die profete geskryf is? Ek weet dat jy dit glo.”

28. Agrippa het vir Paulus gesê: “Jy moenie dink dat jy my so maklik ’n Christen sal maak nie!”

29. Paulus het geantwoord: “Ek bid en vra vir God dat Hy vir jou sal maak soos ek is, en dat Hy dit ook sal doen vir al hierdie mense wat vandag na my luister. God kan dit gou doen of Hy kan dit ná ’n lang tyd doen, dit maak nie saak nie. Ja, ek wil hê julle moet wees soos ek is, maar julle moenie gevangenes wees nie.”

30. Toe het die koning opgestaan, ook die goewerneur en Bernice en die mense wat by hulle gesit het.

31. Toe hulle uitgaan uit die saal, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man is onskuldig. ’n Mens mag hom nie straf en doodmaak nie. Hy moet ook nie in die tronk wees nie.”

32. En Agrippa het vir Festus gesê: “Hierdie man het gesê dat die keiser hom moet oordeel. As hy dit nie gevra het nie, dan kon hy nou uit die tronk gekom het.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 26