Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 22:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Paulus het gesê: “Vriende, julle moet luister na wat ek wil sê, ek wil vir julle verduidelik dat ek niks verkeerd gedoen het nie.”

2. Toe die Jode hoor dat Paulus in Hebreeus met hulle praat, het hulle nog stiller geword. Hy het vir hulle gesê:

3. “Ek is ’n Jood en ek is gebore in die stad Tarsus in Silisië, maar ek het grootgeword hier in Jerusalem. Ek was ’n student van Gamaliël en ek het al die streng wette van ons voorouers geleer. Ek was baie gehoorsaam aan God, soos julle almal wat vandag hier is, ook gehoorsaam is aan Hom.

4. Ek het slegte dinge gedoen aan ‘Die Pad,’ ek het probeer om hulle dood te maak. Ek het mans en vroue laat vang en laat vasbind en ek het hulle in die tronk laat sit.

5. Die hoëpriester en die hele Joodse Raad sal kan sê ek praat die waarheid. Hulle het ook vir my briewe gegee wat ek na die Jode in Damaskus geneem het. Ek het na Damaskus gegaan om die gelowiges te vang en hulle terug te bring na Jerusalem sodat die Joodse Raad hulle kan straf.

6. “Ek was besig om na Damaskus te gaan en ek was naby Damaskus. Toe dit omtrent middag was, het daar skielik ’n groot lig uit die hemel op my geskyn.

7. Ek het op die grond geval. Toe hoor ek Iemand vra vir my: ‘Saul, Saul, hoekom doen jy slegte dinge aan My?’

8. Ek het gevra: ‘Wie is U, Here?’ En Hy het vir my gesê: ‘Ek is Jesus van Nasaret. Jy doen slegte dinge aan My.’

9. “Die mense wat saam met my was, het die lig gesien, maar hulle het nie die Persoon gehoor wat met my gepraat het nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 22