Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 21:32-35 Bybel vir Almal (ABA)

32. Die hoof-offisier het dadelik vir sy soldate en offisiere gesê hulle moet saam met hom kom, en hulle almal het na die tempel gehardloop. Toe die Jode die hoof-offisier en die soldate sien, het hulle opgehou om vir Paulus te slaan.

33. Die hoof-offisier het nader geloop en hy het vir sy soldate gesê hulle moet vir Paulus ’n gevangene maak. Hy het ook vir Paulus laat vasbind met twee kettings. Die hoof-offisier het vir die Jode gevra wie Paulus is en wat hy verkeerd gedoen het.

34. Party Jode het iets geskree en party Jode het iets anders geskree. Hulle het so baie geraas dat die hoof-offisier nie kon uitvind wat regtig gebeur het nie. Daarom het hy vir sy soldate gesê hulle moet vir Paulus neem na die plek waar die soldate woon.

35. Hulle het gekom tot by die trappe. Die mense was baie kwaad vir Paulus en hulle het so baie aan hom gestamp dat die soldate vir Paulus moes dra.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 21