Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 2:7-25 Bybel vir Almal (ABA)

7. Hulle was baie verbaas en hulle het gesê: “Al hierdie mense wat so praat, kom van Galilea.

8. Elkeen van ons hoor sy eie taal wanneer hulle praat. Hoe gebeur dit?

9. Want ons is Jode uit verskillende volke: Perse, Mediërs, Elamiete, mense wat woon in Mesopotamië, Judea, Kappadosië, Pontus, Asië,

10. Frigië, Pamfilië, Egipte en die dele van Libië naby Sirene, en mense wat woon in Rome,

11. ook Jode en heidene wat die Jode se godsdiens aanvaar het, Kretensers en Arabiere. Ons hoor hoe praat hulle in ons eie tale oor die groot dinge wat God gedoen het.”

12. Hierdie Jode was almal verbaas en deurmekaar. Hulle het vir mekaar gesê: “Wat kan dit beteken?”

13. Maar ander mense het gespot en gesê: “Hulle is dronk.”

14. Toe staan Petrus op saam met die ander elf apostels. Hy het hard en ernstig gepraat en vir die mense gesê: “Joodse vriende, ja, almal wat in Jerusalem woon, julle moet verstaan wat hier gebeur en julle moet goed luister na wat ek vir julle sê.

15. Julle dink hierdie mense is dronk, maar hulle is nie, want dit is nou nege-uur in die oggend.

16. Die dinge wat hier gebeur, is die dinge waaroor die profeet Joël gepraat het:

17. “God het gesê:“Dit sal só wees in die laaste dae:Ek sal my Gees geevir al die mense:Julle seuns en julle dogterssal God se boodskap bring.Julle jongmanne sal dinge sienwat die Here vir hulle wys,en julle ou mannesal drome droom.

18. Ja, in die laaste dae sal Ekmy Gees gee vir elke manen vrou wat vir My werk,en hulle sal God se boodskapbring.

19. En Ek sal wondertekens geebo in die hemelen tekens onder op die aarde:bloed en vuur en rook.

20. Die son sal heeltemaldonker word,en die maan sal word soos bloed.Dan sal die groot en belangrike dag van die Here kom.

21. En dit sal só wees:Die Here sal almal redwat tot Hom bid,almal wat vra dat Hyhulle moet red.

22. “Israeliete, julle moet goed luister na wat ek sê: Julle weet dat God vir Jesus van Nasaret groot dinge en wonderwerke en tekens laat doen het toe Jesus by julle was. So het God gewys dat Hy self vir Jesus gestuur het.

23. God het lank gelede besluit en geweet dat Hy hierdie Man sal gee vir die mense wat nie die wette van God ken nie, sodat hulle met Hom kan doen wat hulle wil. Hierdie mense het vir Jesus geneem en hulle het Hom vir julle gegee, en toe het julle Hom gekruisig en vermoor.

24. Maar God het toe vir Jesus vrygemaak van die pyne van die dood, Hy het vir Jesus weer laat lewe. Want die dood kon nie vir Jesus vashou nie.

25. Dawid het dinge gesê oor homself, maar hy het dit ook oor Jesus gesê. Dawid het gesê:“Ek het die Here altydvoor my gesien,want Hy is hier regs langs mysodat ek nie val nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 2