Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 2:12-23 Bybel vir Almal (ABA)

12. Hierdie Jode was almal verbaas en deurmekaar. Hulle het vir mekaar gesê: “Wat kan dit beteken?”

13. Maar ander mense het gespot en gesê: “Hulle is dronk.”

14. Toe staan Petrus op saam met die ander elf apostels. Hy het hard en ernstig gepraat en vir die mense gesê: “Joodse vriende, ja, almal wat in Jerusalem woon, julle moet verstaan wat hier gebeur en julle moet goed luister na wat ek vir julle sê.

15. Julle dink hierdie mense is dronk, maar hulle is nie, want dit is nou nege-uur in die oggend.

16. Die dinge wat hier gebeur, is die dinge waaroor die profeet Joël gepraat het:

17. “God het gesê:“Dit sal só wees in die laaste dae:Ek sal my Gees geevir al die mense:Julle seuns en julle dogterssal God se boodskap bring.Julle jongmanne sal dinge sienwat die Here vir hulle wys,en julle ou mannesal drome droom.

18. Ja, in die laaste dae sal Ekmy Gees gee vir elke manen vrou wat vir My werk,en hulle sal God se boodskapbring.

19. En Ek sal wondertekens geebo in die hemelen tekens onder op die aarde:bloed en vuur en rook.

20. Die son sal heeltemaldonker word,en die maan sal word soos bloed.Dan sal die groot en belangrike dag van die Here kom.

21. En dit sal só wees:Die Here sal almal redwat tot Hom bid,almal wat vra dat Hyhulle moet red.

22. “Israeliete, julle moet goed luister na wat ek sê: Julle weet dat God vir Jesus van Nasaret groot dinge en wonderwerke en tekens laat doen het toe Jesus by julle was. So het God gewys dat Hy self vir Jesus gestuur het.

23. God het lank gelede besluit en geweet dat Hy hierdie Man sal gee vir die mense wat nie die wette van God ken nie, sodat hulle met Hom kan doen wat hulle wil. Hierdie mense het vir Jesus geneem en hulle het Hom vir julle gegee, en toe het julle Hom gekruisig en vermoor.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 2