Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 17:28-34 Bybel vir Almal (ABA)

28. “Want“God laat ons lewe,Hy laat ons doen wat ons doen,Hy laat ons aanhou lewe.“Party van julle skrywers het ook gesê:“Ook ons is sy nageslag.

29. “Omdat ons die nageslag van God is, moet ons nie dink dat God lyk soos ’n beeld van goud of silwer of klip nie. Mense dink God lyk so, en dan maak hulle so ’n beeld.

30. Dit is waar dat God nie die mense gestraf het in die tyd toe hulle Hom nie geken het nie, maar Hy sê vir al die mense op al die plekke dat hulle nou hulle lewe moet verander en moet lewe soos Hy wil hê.

31. Hulle moet dit doen omdat Hy gesê dat daar ’n dag sal kom wanneer Hy sal doen wat reg is, Hy sal al die mense van die wêreld dan oordeel. God het vir Jesus gekies om dit te doen. God het ook vir almal gewys dat dit waarlik sal gebeur, want Jesus het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe.”

32. Toe hulle hoor dat Paulus sê dat God mense wat dood is, weer laat lewe, het party mense vir Paulus begin lag en spot, maar party het gesê: “Ons sal weer wil hoor wat jy hieroor sê.”

33. Nadat dit gebeur het, het Paulus toe weggegaan uit die vergadering van die Areopagus.

34. Maar party mense het gedink Paulus is reg en hulle het in Christus begin glo. Dionisius, een van die mans in die vergadering van die Areopagus, en ’n vrou, haar naam was Damaris, en nog ander mense het saam met hulle in Christus begin glo.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 17