Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 17:23-31 Bybel vir Almal (ABA)

23. Ek het deur julle stad geloop en ek het gekyk na die plekke waar julle al julle gode aanbid. Toe het ek ook ’n altaar gekry en op die altaar is daar geskryf: ‘Hierdie altaar is vir die god wat ons nie ken nie.’ Ek wil vir julle vertel van hierdie God, julle ken Hom nie, maar julle aanbid Hom.

24. Hierdie God het die wêreld gemaak en ook alles wat daarin is. Hý is die Here van die hemel en die aarde, en Hy woon nie in tempels wat mense gemaak het nie.

25. Mense moenie vir hierdie God sorg nie, dit is nie nodig nie. Hy is die Een wat vir al die mense lewe gee, Hy laat hulle asemhaal, en Hy gee alles vir hulle.

26. God het een mens, Adam, gemaak, en al die volke kom van Adam. God het gesê die mense moet op die hele aarde woon en Hy het besluit hoe lank en waar hulle sal woon.

27. God het dit gedoen sodat die mense vir Hom sal probeer soek soos mense wat rondvoel in die donker om Hom te probeer kry. Maar Hy is nie ver van elkeen van ons nie.

28. “Want“God laat ons lewe,Hy laat ons doen wat ons doen,Hy laat ons aanhou lewe.“Party van julle skrywers het ook gesê:“Ook ons is sy nageslag.

29. “Omdat ons die nageslag van God is, moet ons nie dink dat God lyk soos ’n beeld van goud of silwer of klip nie. Mense dink God lyk so, en dan maak hulle so ’n beeld.

30. Dit is waar dat God nie die mense gestraf het in die tyd toe hulle Hom nie geken het nie, maar Hy sê vir al die mense op al die plekke dat hulle nou hulle lewe moet verander en moet lewe soos Hy wil hê.

31. Hulle moet dit doen omdat Hy gesê dat daar ’n dag sal kom wanneer Hy sal doen wat reg is, Hy sal al die mense van die wêreld dan oordeel. God het vir Jesus gekies om dit te doen. God het ook vir almal gewys dat dit waarlik sal gebeur, want Jesus het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 17