Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 13:27-37 Bybel vir Almal (ABA)

27. Want die mense wat in Jerusalem woon en hulle leiers wou nie glo dat Jesus die Redder is nie. Toe hulle vir Jesus ge-oordeel het, het hulle die woorde waar laat word wat die profete gesê het. Die Jode lees dit elke Sabbatdag in die boeke van die profete.

28. Hierdie mense van Jerusalem en hulle leiers wou vir Jesus laat doodmaak, maar hulle kon nie sê hoekom hulle dit wou doen nie. Hulle het toe vir Pilatus gevra om te sê dat die soldate vir Jesus moet doodmaak.

29. En nadat die Jode en hulle leiers alles gedoen het wat daar in die Ou Testament geskryf is oor Jesus, het vriende van Jesus Hom afgehaal van die kruis en hulle het Hom begrawe.

30. Maar God het vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe.

31. Jesus het in ’n lang tyd verskillende male verskyn aan die mense wat saam met Hom van Galilea na Jerusalem gegaan het. Hierdie mense is nou Jesus se getuies by die volk.

32. En óns bring vir julle die goeie boodskap oor die dinge wat God vir ons voorouers belowe het.

33. God het nou gedoen wat Hy belowe het, Hy het dit gedoen vir ons wat die nageslag van ons voorouers is. Hy het dit gedoen toe Hy vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe het, soos daar in die tweede Psalm geskryf is:“Jy is my Seun,Ek is van vandag af jou Vader.

34. “Ons wil ook vir julle die goeie boodskap bring dat God vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe het en dat Jesus nie weer sal sterf nie. God het dit so in die Ou Testament gesê:“Ek sal vir julle die dinge geewat Ek vir Dawid belowe het,en julle moet weet dat die dingewat Ek belowe het, waar is.

35. “Daarom sê Dawid ook in ’n ander Psalm:“Ek is aan U gewy,U sal my nie laat sterf nie.

36. “Dawid het sy mense gedien soos God besluit het, en toe het hy gesterf. Hulle het vir Dawid begrawe by sy voorvaders en daar het niks van hom oorgebly nie, sy liggaam het stof geword.

37. Maar God het vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe, en sy liggaam het nie stof geword nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 13