Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 12:8-10 Bybel vir Almal (ABA)

8. Die engel sê toe vir Petrus: “Maak jou belt vas en trek jou skoene aan!”Petrus het dit gedoen en die engel sê toe vir Petrus: “Trek jou bo-kleed aan en kom saam met my.”

9. Petrus het uitgegaan en hy het saam met die engel gegaan. Petrus het nie besef dat dit alles regtig gebeur nie. Hy het gedink hy droom dat die engel dit doen.

10. Hulle het verby die eerste en die tweede plek gegaan waar die wagte gestaan het, en toe kom hulle by die ysterhek waardeur ’n mens na die stad gaan. Die hek het self oopgegaan vir hulle. Hulle het uitgegaan en hulle het in ’n smal straatjie geloop, en toe het die engel skielik weggegaan van Petrus.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 12