Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 6:5-11 Bybel vir Almal (ABA)

5. Want elkeen sal self vir God moet verduidelik hoekom hy dinge gedoen het.

6. As iemand die boodskap van God vir julle leer, dan moet julle vir hom ook gee van al die goeie dinge wat julle het.

7. Julle moenie ’n fout maak en dink God is nie belangrik nie. Julle moet dit weet: Die dinge wat julle saai, dit sal julle terugkry.

8. As die dinge wat julle saai, die verkeerde dinge is wat mense graag doen, dan sal julle ook die verkeerde dinge terugkry, julle sal sterf. Maar as die dinge wat julle saai, die dinge is wat die Gees wil hê, dan sal julle die ewige lewe kry wat die Gees vir julle gee.

9. Ja, ons moenie ophou om goeie dinge te doen nie, want as ons aanhou om goeie dinge te doen, dan sal ons op die regte tyd die ewige lewe kry.

10. Daarom, ons moet vir almal goed wees terwyl ons tyd het, vir die mense wat in Christus glo, en dan ook vir ander mense.

11. Nou skryf ek met my eie hand. Julle kan sien hoe groot die letters is.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 6