Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 6:14-18 Bybel vir Almal (ABA)

14. Ek wil nie soos hulle wees nie. Ek wil net oor een ding spog, en dit is oor die kruis van ons Here Jesus Christus. Hy het vir my gesterf, en daarom is die dinge waaroor die mense spog, nie belangrik vir my nie, en ek is nie belangrik vir daardie mense wat oor hierdie dinge spog nie.

15. Want dit is nie belangrik of ’n mens besny is of nie besny is nie. Die belangrikste is: Ons Here Jesus Christus het ons verander, ons is nou nuwe mense.

16. As mense so lewe, dan sal God vir hulle vrede gee en Hy sal baie goed wees vir hulle. Die mense wat so lewe, is nou Israel, die volk van God.

17. Niemand moet my nou weer oor hierdie dinge pla nie, want ek het al baie swaar gekry vir Jesus. ’n Mens kan die merke daarvan op my liggaam sien.

18. Vriende, ek bid dat ons Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle. Amen.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 6