Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 6:10-17 Bybel vir Almal (ABA)

10. Daarom, ons moet vir almal goed wees terwyl ons tyd het, vir die mense wat in Christus glo, en dan ook vir ander mense.

11. Nou skryf ek met my eie hand. Julle kan sien hoe groot die letters is.

12. Daardie mense wat aanhou sê julle moet julle laat besny, doen dit omdat hulle net belangstel in mense se liggame. Hulle doen dit, want hulle is bang dat hulle sal swaarkry as hulle moet sê dat mense net moet glo in Christus wat gekruisig is, nie ook in die besnydenis nie.

13. Hulle is besny, maar hulle doen self nie wat die wette sê nie. Hulle wil julle laat besny, sodat hulle kan spog oor wat hulle met julle gedoen het.

14. Ek wil nie soos hulle wees nie. Ek wil net oor een ding spog, en dit is oor die kruis van ons Here Jesus Christus. Hy het vir my gesterf, en daarom is die dinge waaroor die mense spog, nie belangrik vir my nie, en ek is nie belangrik vir daardie mense wat oor hierdie dinge spog nie.

15. Want dit is nie belangrik of ’n mens besny is of nie besny is nie. Die belangrikste is: Ons Here Jesus Christus het ons verander, ons is nou nuwe mense.

16. As mense so lewe, dan sal God vir hulle vrede gee en Hy sal baie goed wees vir hulle. Die mense wat so lewe, is nou Israel, die volk van God.

17. Niemand moet my nou weer oor hierdie dinge pla nie, want ek het al baie swaar gekry vir Jesus. ’n Mens kan die merke daarvan op my liggaam sien.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 6