Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 1:16-24 Bybel vir Almal (ABA)

16. om sy Seun vir my te wys sodat ek vir die heidene kon gaan vertel van sy Seun. Nadat ek Hom gesien het, het ek nie vir ander mense gaan vra wat hulle van Hom weet nie.

17. Ek het ook nie na Jerusalem gegaan nie, na die mense toe wat vóór my apostels geword het nie. Nee, ek het na die land Arabië gegaan en ek het later weer teruggegaan na die stad Damaskus.

18. Drie jaar later het ek na Jerusalem gegaan om vir Sefas te leer ken. Ek het twee weke by hom gebly.

19. Ek het nie een van die ander apostels gesien nie, ek het net vir Jakobus, die broer van die Here, gesien.

20. Ek skryf vir julle die waarheid, die Here is my getuie.

21. Later het ek na die provinsies Sirië en Silisië gegaan.

22. Die gemeentes van die Christene in die provinsie Judea het my nie geken nie.

23. Hulle het net gehoor die mense sê: “Paulus het verander, hy het voorheen baie slegte dinge aan ons gedoen en hy het probeer om ons geloof te breek, maar nou vertel hy vir almal dat hulle in Christus moet glo.”

24. En hulle het God geprys omdat ek verander het.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 1