Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 4:17-21 Bybel vir Almal (ABA)

17. Maar dit is nie vir my belangrik dat ek iets van julle ontvang nie. Dit is vir my belangrik dat julle die seën moet ontvang wat mense kry wanneer hulle vir ander mense iets gee.

18. Ek het alles gekry wat julle gestuur het en ek het nou genoeg. Epafroditos het vir my die goed gebring wat julle gestuur het, en nou het ek genoeg. Dit wat julle gestuur het, is ’n offer wat julle vir God gegee het, ’n offer wat Hy graag wil hê, ’n offer waarvan Hy baie hou.

19. My God sal vir julle alles gee wat julle nodig het, want Hy het baie wonderlike dinge wat Hy vir ons wil gee, dinge wat van Christus Jesus kom.

20. Ons prys God, ons Vader, altyd en altyd! Amen.

21. Ek stuur groete vir al die gelowiges in die stad Filippi wat aan Christus Jesus behoort. Al die vriende hier by my stuur ook groete vir julle.

Lees volledige hoofstuk Filippense 4