Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 4:15-18 Bybel vir Almal (ABA)

15. Gemeente van Filippi, nadat ek weggegaan het uit die provinsie Masedonië en begin het om die goeie boodskap te bring, het ander gemeentes nie vir my gesorg nie. Julle weet dat net julle vir my gesorg het.

16. Julle het ook ’n paar maal vir my die dinge gestuur wat ek nodig gehad het toe ek in die stad Tessalonika was.

17. Maar dit is nie vir my belangrik dat ek iets van julle ontvang nie. Dit is vir my belangrik dat julle die seën moet ontvang wat mense kry wanneer hulle vir ander mense iets gee.

18. Ek het alles gekry wat julle gestuur het en ek het nou genoeg. Epafroditos het vir my die goed gebring wat julle gestuur het, en nou het ek genoeg. Dit wat julle gestuur het, is ’n offer wat julle vir God gegee het, ’n offer wat Hy graag wil hê, ’n offer waarvan Hy baie hou.

Lees volledige hoofstuk Filippense 4