Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 3:13-21 Bybel vir Almal (ABA)

13. Vriende, ek dink nie dat ek dit al klaar alles gekry het nie, maar een ding is vir my belangrik: Ek vergeet al die dinge wat verby is, en ek dink net aan die dinge wat nog sal gebeur.

14. Ek is soos iemand wat resies hardloop om ’n prys te wen. Die prys is om in die hemel te kom, want God het my gekies en ek behoort aan Christus Jesus.

15. Ons almal wat vas glo, moet so dink. As een van julle nie so dink nie, dan sal God vir julle help om reg te dink.

16. Ons het tot nou toe die regte dinge gedoen. Ons moet aanhou om dit te doen.

17. Vriende, julle moet lewe soos ek lewe en julle moet kyk hoe lewe die mense wat lewe soos ek.

18. Ek het vir julle gesê en ek sê nou weer vir julle met trane in my oë: Daar is baie mense wat sê die kruis van Christus beteken niks.

19. Daardie mense gaan hel toe. Hulle dink om te eet is die belangrikste ding in die lewe. Hulle is trots op die slegte dinge wat hulle doen. Hulle dink altyd aan die dinge van die wêreld.

20. Maar God wat in die hemel is, is ons Koning. En ons weet die Here Jesus Christus sal uit die hemel kom om ons te red.

21. Sy krag is groot, Hy regeer oor alles. Hy sal sy krag gebruik om ons wat swak is, te verander sodat ons soos Hy sal wees, Hy wat Koning is.

Lees volledige hoofstuk Filippense 3