Ou Testament

Nuwe Testament

Filemon 1:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek, Paulus, is nou in die tronk omdat ek aan Christus Jesus behoort. Ek en ons vriend Timoteus skryf hierdie brief vir jou, Filemon. Jy werk saam met ons vir God, en ons is lief vir jou.

2. Ons skryf ook vir Affia. Sy glo saam met ons in Christus. Ons skryf ook vir Argippus wat baie hard saam met ons gewerk het. Ons skryf ook vir die gemeente wat in jou huis bymekaarkom.

3. Ons bid dat God ons Vader en die Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle vrede sal gee.

4. Ek sê vir my God elke maal dankie wanneer ek bid en aan jou dink,

5. want ons het gehoor dat jy lief is vir al die mense wat aan God behoort en dat jy in die Here Jesus glo.

6. Ek bid dat mense wat nie glo nie, ook die goeie dinge sal leer ken wat Christus vir ons gegee het, vir ons wat aan Christus behoort. Dan sal hulle ook in Christus glo, soos jy.

7. Liewe vriend, jou liefde vir mense het my baie bly gemaak en het my gehelp om nie moedeloos te word nie, want jy het die mense wat aan God behoort, weer bemoedig.

8. Daarom is ek nie bang om vir jou te sê wat Christus wil hê jy moet doen nie.

Lees volledige hoofstuk Filemon 1