Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 6:14-24 Bybel vir Almal (ABA)

14. Julle moet vas staan. Julle moet die waarheid praat. Dit is soos die belt om ’n soldaat se heupe. Julle moet altyd doen wat reg is. Dit is soos die harnas van ’n soldaat.

15. Julle moet die goeie boodskap ken en glo, die boodskap dat God vir ons vrede gee. Dit is soos ’n soldaat se skoene.

16. Julle moet aanhou om in Christus te glo. Dit is soos wanneer ’n soldaat ’n skild neem om hom te beskerm, dit keer die brandpyle waarmee die duiwel julle wil skiet.

17. God het julle gered en julle moet dit aanvaar. Dit is soos die helm op ’n soldaat se kop. God praat met julle. Ja, die Heilige Gees sê vir julle wat God sê. Dit is soos die swaard waarmee ’n soldaat veg.

18. Julle moet altyd luister na die Heilige Gees en dan moet julle bid, julle moet vir God vra wat julle nodig het. Ja, julle moet altyd gereed wees en aanhou bid vir al God se mense.

19. Julle moet ook vir my bid. Bid dat God die regte woorde vir my sal gee wanneer ek praat. Dan sal ek die goeie boodskap preek, ek sal nie bang wees om dit te doen nie. Niemand het voorheen hierdie boodskap geken nie, maar God het nou vir ons gesê wat dit is.

20. Ek is in die tronk omdat God my gekies het om die goeie boodskap te bring. Julle moet bid dat ek nie bang sal wees nie, maar dat ek die boodskap sal bring soos ek dit moet doen.

21. Tigikus is my liewe vriend en hy werk hard vir die Here. Hy sal ook vir julle alles van my vertel sodat julle kan weet hoe dit met my gaan.

22. Ek stuur hom na julle toe sodat hy vir julle kan vertel hoe dit met my gaan en sodat hy vir julle kan help om nie moedeloos te word nie.

23. God die Vader en die Here Jesus Christus sal vir julle almal vrede gee. Hulle sal vir julle help om lief te wees vir mekaar en om te glo.

24. Ek bid dat God genadig sal wees vir almal wat altyd baie lief is vir ons Here Jesus Christus en wat nooit ophou om lief te wees vir Hom nie.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 6