Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 5:10-20 Bybel vir Almal (ABA)

10. Julle moet uitvind waarvan die Here hou en julle moet dit doen.

11. Julle moenie die dinge doen wat die mense doen wat in die donker lewe nie. Hulle doen dinge wat nie goed is nie. Julle moet vir hulle almal sê dat hulle dinge doen wat verkeerd is.

12. Hulle doen baie slegte dinge in die geheim, dit is so sleg dat ’n mens nie daaroor wil praat nie.

13. Wanneer die lig op daardie dinge skyn, dan wys dit vir almal hoe daardie dinge is.

14. Ja, ’n mens kan sien hoe iets is wanneer die lig daarop skyn. Daarom sing ons:Jy wat slaap,jy moet wakker word,jy moet weer begin lewe.Dan sal Christus’n lig wees vir jou.

15. Daarom moet julle seker wees dat julle reg lewe. Julle moet die regte dinge doen en sê. Julle moenie verkeerde dinge doen en sê nie.

16. Julle moet elke minuut reg gebruik, elke minuut wat julle lewe, want dit is nou die tyd wanneer mense slegte dinge doen.

17. Julle moenie dom dinge doen nie, julle moet seker wees dat julle verstaan wat die Here wil hê julle moet doen.

18. Julle moenie wyn drink en dronk word nie, want dan doen julle verkeerde en slegte dinge. Nee, julle moet altyd doen wat die Heilige Gees wil hê julle moet doen.

19. Julle moet sing wanneer julle bymekaar is, julle moet psalms en gesange en ander liedere sing. Julle moet sing en julle moet die Here prys met julle hele hart.

20. Julle behoort aan ons Here Jesus Christus en julle moet altyd vir God ons Vader dankie sê vir alles.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 5