Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timoteus 1:14-18 Bybel vir Almal (ABA)

14. God het vir jou dinge gegee wat baie goed is, jy moet dit goed oppas. Die Heilige Gees wat in ons woon, sal jou help om dit te doen.

15. Jy weet dat niemand wat van Asië gekom het, my wou help nie, ook nie Figelus en Hermogenes nie.

16. Ek bid dat die Here baie goed sal wees vir die huisgesin van Onesiforus, want hy het baie maal vir my gesê om sterk te wees en nie moedeloos te word nie. Hy was ook nie skaam oor my omdat ek in die tronk was nie.

17. Nee, toe hy in die stad Rome aangekom het, het hy oral vir my gesoek en gesoek, en hy het my gekry!

18. Ek bid dat die Here, wanneer Hy weer kom, goed sal wees vir Onesiforus. En jy weet baie goed hoe baie dinge Onesiforus vir my gedoen het in die stad Efese.

Lees volledige hoofstuk 2 Timoteus 1