Ou Testament

Nuwe Testament

2 Tessalonisense 3:8-18 Bybel vir Almal (ABA)

8. Ons het by niemand kos gebedel nie, ons het daarvoor betaal. Ons het elke dag en nag hard gewerk en gesweet, want ons wou nie vir een van julle vra om vir ons te sorg nie.

9. Ons is apostels van die Here, en daarom kon ons vir julle gevra het om vir ons te sorg. Maar ons het dit nie gedoen nie, want ons wou vir julle wys dat ’n mens vir homself moet sorg. Ons wou hê julle moet ook doen soos ons gedoen het.

10. Toe ons by julle was, het ons duidelik vir julle gesê dat as iemand nie wil werk nie, dan moet hy ook nie eet nie.

11. Ons hoor dat party gelowiges by julle baie lui is. Hulle wil nie werk nie, maar hulle pla altyd vir ander mense.

12. Die Here Jesus Christus het vir my gesê ons moet vir daardie gelowiges hard en duidelik sê dat hulle moet ophou om altyd ander mense te pla, en dat hulle vir hulleself moet sorg.

13. Maar, vriende, julle moenie moeg word om goed te doen nie.

14. As iemand nie luister na wat ons in hierdie brief skryf nie, dan moet julle vir almal sê wie hy is. Julle moet hom alleen los sodat hy kan skaam word.

15. Maar julle moenie sy vyande wees nie. Julle moet met hom raas soos julle met ’n broer sal raas.

16. Ek bid dat die Here wat vrede gee, self vir julle altyd en op baie maniere vrede sal gee.

17. Ek, Paulus, skryf hierdie groete met my eie hand. Ek doen dit in elke brief, sodat julle kan sien hoe ek skryf.

18. Ek bid dat die Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle almal.

Lees volledige hoofstuk 2 Tessalonisense 3