Ou Testament

Nuwe Testament

2 Tessalonisense 3:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vriende, daar is nog ’n paar laaste dinge wat ons vir julle wil sê. Julle moet bid vir ons, sodat die goeie boodskap oor die Here Jesus vinnig by almal kan kom, en sodat mense bly kan wees wanneer hulle dit hoor, soos julle ook bly was.

2. Julle moet ook bid dat die Here ons sal verlos van slegte mense wat na niemand wil luister nie, want dit is nie al die mense wat die goeie boodskap oor Christus wil glo nie.

3. Maar die Here doen wat Hy belowe het. Hy sal julle sterk maak en beskerm teen die duiwel.

4. Ons is seker dat die Here julle sal help om die dinge te doen wat ons vir julle sê om te doen. Julle doen dit al klaar, en julle sal aanhou om dit te doen.

5. Ons bid dat die Here julle sal lei om nog beter te verstaan hoe lief God is vir die mense van die wêreld en hoe Christus aangehou het om te doen wat sy Vader wil hê. Daarom kan ons dit ook doen.

6. Vriende, ons Here Jesus Christus het vir my gesê ek moet julle waarsku: Julle moet wegbly van al die gelowiges wat lui is en wat nie lewe soos ons vir hulle gesê het nie.

7. Want julle weet baie goed wat julle moet doen as julle soos ons wil lewe. Ons was nie lui toe ons by julle gebly het nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Tessalonisense 3