Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 10:15-18 Bybel vir Almal (ABA)

15. Ons spog nie oor werk wat ander mense gedoen het nie, ons spog nie oor werk wat ons nie self gedoen het nie. Ons hoop en weet dat julle geloof sterker sal word, en dat ons dan nog meer en meer sal werk in julle stad, die stad waar God gesê het ons moet werk.

16. Ons wil die goeie boodskap graag ook op ander plekke bring, plekke verder as Korinte. Maar ons wil nie spog oor die goeie werk wat ander mense al klaar daar gedoen het nie.

17. As ’n mens wil spog,dan moet hy oor die Here spog.

18. Want die Here aanvaar nie mense wat self sê dat ons hulle moet glo nie. Die Here sê vir ons wie ons moet glo, en Hy aanvaar net daardie mense.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 10