Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 6:5-13 Bybel vir Almal (ABA)

5. Hierdie vals profete hou aan om te stry. Hulle kan nie meer reg dink nie, hulle weet nie meer wat die waarheid is nie. Hulle dink dat hulle ryk sal word as hulle vir God dien.

6. Maar wanneer ’n mens vir God dien en jy is ook tevrede met wat jy het, dan het jy baie.

7. Want ons het niks ingebring in die wêreld nie, en ons kan ook niks uitneem uit die wêreld nie.

8. Daarom moet ons tevrede wees wanneer ons kos en klere het.

9. Wanneer mense baie graag ryk wil word, dan doen hulle maklik sonde. Hulle sit soos ’n voël vas in ’n vangstrik. Hulle is dwase wat dinge wil hê wat nie goed is vir hulle nie. Hulle sterf en is soos ’n skip wat in die water sink, daar bly niks oor van hulle nie.

10. Wanneer mense lief is vir geld, dan doen hulle baie slegte dinge. Mense wat graag baie geld wou hê, het opgehou om in Christus te glo. So het hulle hulleself baie swaar laat kry.

11. Maar Timoteus, jy behoort aan God. Daarom moet jy wegvlug van hierdie verkeerde dinge. Jy moet aanhou probeer om dinge te doen wat reg is. Jy moet probeer om vir God te dien, om in Christus te glo, om lief te wees vir mense, om aan te hou om dit te doen en om iemand met ’n sagte hart te wees.

12. Dit is nie maklik om in Christus te glo nie, dit is soos wanneer iemand hardloop in ’n moeilike resies. Jy moet aanhou om hard te probeer in hierdie resies wat jy hardloop. Jy moet hard probeer om die prys te kry, die prys is die ewige lewe. God het jou geroep om die ewige lewe te kry toe jy reguit gesê het dat jy in Christus glo, baie mense het gehoor toe jy dit gesê het.

13. God laat alles lewe, en Christus Jesus het voor Pontius Pilatus reguit gesê wat die waarheid is en wie Hy is. God en Christus Jesus hoor wanneer ek vir jou sê:

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 6