Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 6:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Almal wat slawe is en wat ’n juk moet dra, moet hulle eienaars respekteer. Die slawe moet dit doen sodat ander mense nie sleg praat van die Naam van God en van die dinge wat ons vir die mense geleer het nie.

2. Maar party slawe se eienaars glo in Christus, en daardie slawe moenie dink dat hulle eienaars onbelangrik is omdat die eienaars ook gelowiges is soos die slawe nie. Nee, daardie slawe moet nóg harder werk, want hulle werk vir mense wat ook in Christus glo, en God is lief vir daardie mense.Jy moet aanhou om hierdie dinge vir die mense te leer. Jy moet sê dat hulle dit moet doen.

3. Daar is vals profete wat vir die gelowiges ander dinge wil leer. Die vals profete glo nie die woorde van ons Here Jesus Christus nie. Hy het vir ons die regte dinge geleer. Die vals profete glo ook nie die mense wat vir ons leer hoe om vir God te dien nie.

4. Die mense wat vir die gelowiges ander dinge wil leer, is hoogmoedig, maar hulle weet niks. Hulle is soos mense wie se gees siek is. Hulle wil altyd met ander mense twis en oor woorde stry. Dan word mense jaloers, hulle stry met mekaar, hulle sê slegte dinge van ander mense en hulle dink slegte dinge van ander mense.

5. Hierdie vals profete hou aan om te stry. Hulle kan nie meer reg dink nie, hulle weet nie meer wat die waarheid is nie. Hulle dink dat hulle ryk sal word as hulle vir God dien.

6. Maar wanneer ’n mens vir God dien en jy is ook tevrede met wat jy het, dan het jy baie.

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 6