Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 3:10-16 Bybel vir Almal (ABA)

10. Die ander gelowiges moet eers goed kyk hoe die mense lewe wat diakens wil word. As niemand oor hulle kan praat en sê dat hulle verkeerde dinge doen nie, dan mag hulle diakens word.

11. Vroue wat in die gemeente wil werk, moet ook mense wees wat reg lewe. Hulle moenie oor ander gelowiges skinder nie. Hulle moet reg kan besluit en almal moet weet dat hulle altyd sal doen wat hulle belowe het.

12. ’n Diaken moet net een vrou hê. Diakens moet goeie pa’s wees vir hulle kinders, hulle moet goed regeer oor almal in hulle eie huisgesinne.

13. Die gemeente respekteer ’n diaken wat sy werk goed doen. ’n Diaken wat sy werk goed doen, sal ook nie bang wees om vir ander mense te vertel wat hy alles glo oor Christus Jesus nie.

14-15. Timoteus, ek hoop om gou na jou toe te kom. Maar miskien kan ek nie dadelik kom nie, daarom skryf ek hierdie dinge vir jou, sodat jy kan weet hoe ’n mens moet lewe in die huisgesin van God, dit is die kerk van die God wat lewe. Die kerk is soos ’n pilaar of ’n fondament, die waarheid staan vas daarop.

16. Ek wil reguit sê: Ons het nie geweet hoe om God te dien nie, maar God het vir ons kom sê hoe om dit te doen, en dit is wonderlik.God het ’n mens geword,Hy was Christus,die Heilige Gees het gewyswie Christus waarlik is, engele het vir Christus gesien,mense het vir die volke vertelvan Hom.Oral in die wêreld het mensein Hom geglo,God het vir Christusopgeneem na die hemelen God het Hom Koninglaat word.

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 3