Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 3:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Wat ek nou wil sê, is waar: Wanneer iemand baie graag ’n ouderling in die gemeente wil wees, dan wil hy ’n goeie werk doen.

2. Daarom moet ’n ouderling heeltemal reg lewe. Hy moet net een vrou hê. Hy moet reg kan besluit, hy moet weet hoe om reg te lewe, hy moet mooi maniere hê, hy moet goed wees vir vreemdelinge, hy moet vir mense kan leer.

3. ’n Ouderling moenie te veel drink en dan dronk word nie, en hy moenie gou kwaad word nie. Nee, hy moet vriendelik en geduldig wees en hy moenie daarvan hou om te baklei nie. Hy moet ook nie lief wees vir geld nie.

4. Hy moet ’n goeie pa wees vir sy huisgesin en hy moet só lewe dat sy kinders hom respekteer en altyd gehoorsaam kan wees aan hom.

5. Want as iemand nie weet hoe om ’n goeie pa te wees vir sy eie huisgesin nie, dan sal hy ook nie kan sorg vir God se gemeente nie.

6. ’n Ouderling moenie iemand wees wat kort gelede ’n gelowige geword het nie. As hy nog nie lank ’n gelowige is nie, dan sal hy miskien hoogmoedig word, en dan sal God hom straf soos God die duiwel straf.

7. ’n Ouderling moet reg lewe, sodat die mense wat nie gelowiges is nie, hom ook sal respekteer. Hulle moet weet dat hy nie slegte dinge doen nie, dan sal die duiwel hom nie in sy vangnet kan vang nie.

8. Die diakens moet ook mense wees wat reg lewe, soos die ouderlinge. Hulle moenie skynheilig wees nie, hulle moenie te veel wyn drink nie, en hulle moenie altyd meer goed wil hê nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 3