Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 2:7-12 Bybel vir Almal (ABA)

7. Daarom het Christus Jesus my gekies en aangestel om die goeie boodskap te bring vir die mense wat nie Jode is nie, en om ’n apostel te wees. Ek lieg nie as ek dit sê nie, ek praat die waarheid. Ek moet ook vir húlle die waarheid leer en ek moet vir hulle leer wat dit beteken om in Christus te glo.

8. Ek wil hê die mans wat hulleself aan die Here wy, moet tot die Here bid. Hulle moet hulle hande ophou na die hemel en hulle moet bid op elke plek waar hulle bymekaarkom. Hulle moenie vir mekaar kwaad word en stry nie.

9. Ek wil ook hê dat vroue mooi moet wees omdat hulle die regte klere dra, klere wat wys dat hulle nie slegte vroue is nie en dat hulle mooi maniere het. Hulle moenie hulle hare so mooi vleg dat almal altyd daarna wil kyk nie, en hulle moenie goue juwele of pêrels of baie duur klere dra nie.

10. Nee, vroue wat sê dat hulle vir God dien, moet goeie dinge vir ander mense doen, en só moet hulle mooi wees.

11. Wanneer die gemeente bymekaar is, dan moet ’n vrou stil en gehoorsaam wees, sy moet altyd luister na wat die leiers in die gemeente sê.

12. Ek wil nie hê dat ’n vrou vir ander mense moet leer nie en sy moenie vir ’n man sê wat hy moet doen nie. Nee, sy moet stil wees.

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 2