Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 5:1-2 Bybel vir Almal (ABA)

Ek is ’n ouderling soos julle en ek is ’n getuie wat gesien het dat Christus baie swaar gekry het. Die tyd is ook nou baie naby wanneer almal sal sien dat Christus die Koning is, en ek sal dit ook sien. Daarom vra ek mooi vir julle wat ouderlinge is, om herders te wees wat sorg vir God se mense wat daar by julle is. Julle moet sorg vir hulle, nie omdat iemand sê julle móét dit doen nie, maar omdat julle dit graag wil doen en omdat God dit wil hê. Julle moet dit doen, nie omdat julle altyd meer dinge wil hê nie, maar omdat julle baie graag wil sorg vir hulle.

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 5

Kyk 1 Petrus 5:1-2 in konteks