Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 2:6-11 Bybel vir Almal (ABA)

6. Want ons lees in die Ou Testament: Kyk, Ek sit in Sion ’n klip neer,dit is ’n hoek-klipwat Ek gekies heten wat baie kosbaar is.Die mense wat in Hom glo,sal veilig wees.

7. Daarom, julle wat in Jesus Christus glo, sal ook vir Hom baie kosbaar wees. Maar daar is mense wat nie in Hom glo nie. Vir hulle is dit waar wat in die Ou Testament geskryf is: Die klip wat die bouersnie wou gebruik nie,daardie kliphet die belangrikste klipin die gebou geword.

8. Daar is ook geskryf: Hy is ’n klip waarteen hulle stamp,’n rots waaroor hulle val.Hulle val oor die rots omdat hulle nie geglo het wat God gesê het nie. Dit was God se plan dat dit met hulle moet gebeur.

9. Maar julle is God se volk, God het vir julle gekies, julle is die priesters oor wie Hy regeer, julle is ’n gewyde volk, sy eie volk wat vir almal moet vertel van die groot dinge wat God gedoen het. Hy het vir julle geroep om uit die donker na Hom toe te kom, na Hom wat in die wonderlike lig is.

10. Toe was julle nie ’n volk nie,maar nou is julle God se volk.Toe was God nie goedvir julle nie,maar nou is Hy goed vir julle.

11. Liewe vriende, julle is soos mense wat vreemdelinge is en wat nie in hulle eie huise woon nie. Daarom vra ek mooi vir julle: Julle moenie die slegte dinge wil doen wat mense graag doen nie, want daardie slegte dinge verwoes ’n mens se lewe.

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 2