Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 2:20-25 Bybel vir Almal (ABA)

20. Want as julle geduldig is wanneer mense julle slaan omdat julle sonde doen, dan sal die mense julle nie prys nie, dit is seker. Maar as julle geduldig is wanneer julle swaarkry omdat julle goeie dinge doen, dan sal God goed wees vir julle.

21. God het vir julle gekies om goeie dinge te doen en om swaar te kry, want Christus het ook swaargekry vir julle. So het Hy vir julle ’n voorbeeld gegee sodat julle Hom kan volg.

22. Hy het nie sonde gedoen nie,en Hy het niemand bedrieg nie.

23. Toe mense vir Christus beledig het, het Hy nie ook vir hulle beledig nie. Toe mense vir Hom laat swaarkry het, het Hy nie gesê dat Hy ook vir hulle sal laat swaarkry nie. Hy het hulle gelos sodat God reg kan oordeel oor hulle.

24. Toe Hy aan die kruis gehang het, het Hy die straf vir ons sondes gedra, sodat ons glad nie meer sondes sal doen nie, maar sodat ons kan lewe om te doen wat God wil hê. Hy het seergekry sodat julle gesond kan wees.

25. Want julle was soos skape, julle elkeen het geloop waar hy wou loop, maar nou het julle teruggekom na Christus toe. Hy is die Herder, die Een wat vir julle sorg.

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 2