Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 8:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Julle het vir my gevra of gelowiges afgod-offervleis mag eet. Ek wil nou daaroor praat. Ons weet dat almal dink hulle weet alles hiervan. Maar julle moet onthou, wanneer ’n mens dink hy weet alles, dan maak hy ander mense maklik hartseer. Maar wanneer hy lief is vir ander mense, dan kan hy hulle help.

2. Iemand dink miskien hy weet alles, maar so iemand het nog nie alles geleer wat hy moet leer nie.

3. Iemand wat lief is vir God, ken vir God. Maar die belangrikste is dat God ook vir daardie persoon ken.

4. Ek wil nou praat oor die afgod-offervleis. Ons weet almal dat daar nie regtig afgode in die wêreld is nie. Ons weet dat daar net een ware God is.

5. Ja, baie mense sê dat daar gode in die hemel of op die aarde is, en ons weet mense aanbid daardie baie gode en noem hulle ook “Here.”

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 8