Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 6:1-9-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek hoor party van julle vat ander gelowiges na die hof. Hoekom doen julle dit? Julle wil hê die regters wat nie gelowiges is nie, moet die probleem regmaak. Hoekom vra julle nie vir gelowiges in die gemeente om die probleem reg te maak nie? Dit sal beter wees.

2. Julle almal weet dat die gelowiges eendag die mense van die wêreld sal oordeel. Daarom kan julle self die klein probleempies regmaak wat julle met mekaar het.

3. Julle almal weet ook dat ons eendag die engele sal oordeel. Daarom moet dit vir julle maklik wees om ook die gewone probleme reg te maak wat julle met mekaar het.

4. Julle wat in die gemeente is, respekteer nie die regters van die wêreld nie! Hoekom vra julle dan dat húlle moet besluit oor julle gewone probleme?

5. Ek sê dit sodat julle skaam moet word. Ek is seker daar is party van julle wat verstandig is en wat kan sê hoe gelowiges hulle probleme kan regmaak.

6. Maar nou vat die een gelowige ’n ander gelowige na die hof, en julle vra vir regters om julle te help, regters wat nie gelowiges is nie.

7. Julle het al klaar julle naam sleg gemaak omdat julle probleme het en mekaar daaroor na die hof vat. Hoekom is julle nie geduldig wanneer iemand verkeerde dinge aan julle doen of julle kul en julle goed vat nie?

8. Maar nou is júlle die mense wat verkeerde dinge doen aan ander mense, dit is júlle wat vir hulle kul en hulle goed vat. En julle doen dit aan gelowiges! Ek is geskok.

9-10. Julle weet dat mense wat verkeerd lewe, nie sal kom waar God Koning is nie. Julle moet reg verstaan: Mense wat onsedelik lewe, sal nie kom waar God Koning is nie, ook nie mense wat afgode aanbid, of mans wat met ander mans se vroue seks het, of mans wat met ander mans seks het, of mense wat steel, of mense wat altyd meer en meer geld en goed wil hê, of mense wat altyd dronk is, of mense wat lieg en lelike dinge van ander mense sê, of mense wat ander mense aanval en hulle geld vat nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 6