Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 3:14-23 Bybel vir Almal (ABA)

14. Wanneer iemand op die fondament gebou het, en sy werk bly staan, dan sal die Here daardie persoon beloon.

15. Maar as iemand se werk verbrand, dan sal daardie persoon alles verloor. Maar die Here sal die persoon self red, Hy sal die persoon uit die vuur red.

16. Julle moet onthou dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon.

17. As iemand die tempel van God ontwy, dan sal God daardie persoon straf, want die tempel van God behoort aan God. En júlle is daardie tempel.

18. Julle moenie julleself bedrieg nie. Een van julle dink miskien hy is slim in hierdie wêreld, maar hy sal eers regtig slim wees wanneer hy weet hy is dom by God.

19. Hoekom? Want God sê die slim dinge van die wêreld is dom. In die Ou Testament is geskryf: God vang die slim mensemet hulle eie slim planne.

20. Daar is ook geskryf: Die Here ken die plannewat die slim mensevan die wêreld maak.Hy weet dit beteken niks.

21. Daarom moet julle nie spog dat julle aan ’n belangrike leier van die gemeente behoort nie, want al hierdie leiers, ja alle dinge, behoort aan julle.

22. Paulus en Apollos en Sefas en die wêreld en die lewe en die dood en die belangrike dinge van hierdie lewe en van die lewe wat eendag kom, ja, alles behoort aan julle.

23. En julle behoort aan Christus, en Christus behoort aan God.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 3