Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 15:9-14 Bybel vir Almal (ABA)

9. Ek is die minste belangrik van al die apostels. Ek is nie goed genoeg om ’n apostel te wees nie, omdat ek voorheen baie slegte dinge gedoen het aan die mense van die kerk van God.

10. Maar God was genadig vir my, daarom is ek nou ’n apostel. Ja, God was genadig vir my, ek het daarna harder gewerk as al die ander apostels. Maar dit is nie ék wat so goed was nie, dit was Gód wat so genadig was vir my en wat altyd saam met my was.

11. Dit maak nie saak wie vir julle preek nie, ek of die ander apostels. Die belangrikste is dat ons almal dieselfde boodskap bring en dat julle dit geglo het.

12. Ons, die apostels, bring die boodskap dat God vir Christus weer laat lewe het. Hoekom sê party van julle dat die dooie mense nie weer sal lewe nie?

13. As die dooie mense nie weer sal lewe nie, dan het God ook nie vir Christus weer laat lewe nie.

14. En as God nie vir Christus weer laat lewe het nie, dan beteken ons boodskap niks, en dan beteken julle geloof ook niks.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 15