Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 15:44-50 Bybel vir Almal (ABA)

44. Die mense begrawe ’n liggaam wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, maar God laat ’n liggaam lewe wat alles kan doen wat God wil hê. As daar ’n liggaam is wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, dan moet daar ook ’n liggaam wees wat alles kan doen wat God wil hê.

45. In die Ou Testament is geskryf: Adam, die eerste mens,het iemand geword wat lewe.Maar die laaste Adam, Christus, het iemand geword wat geestelike lewe gee.

46. Julle moet onthou, die liggaam wat alles kan doen wat God wil hê, is nie eerste nie. Die liggaam wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, is eerste, daarna kom die ander liggaam.

47. God het die eerste mens gemaak van die stof van die aarde. Maar die tweede Mens kom uit die hemel.

48. Die mense van stof is soos Adam, hy was die eerste mens van stof. Die mense van die hemel is soos Christus, Christus is die Mens uit die hemel.

49. Nou is ons soos die mens van stof, maar eendag sal ons wees soos die Mens uit die hemel.

50. Vriende, julle moet dit weet: Ons kan nie eendag wees daar waar God Koning is terwyl ons die liggame het wat ons nou het nie. Nee, ’n liggaam wat stof word, kan nie ’n liggaam word wat altyd sal lewe nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 15