Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 15:16-26 Bybel vir Almal (ABA)

16. Ja, ek sê dit weer: As die mense wat gesterf het, nie weer sal lewe nie, dan het God ook nie vir Christus weer laat lewe nie.

17. En as God nie vir Christus weer laat lewe het nie, dan beteken julle geloof niks, dan is julle nog nie vry van julle sondes nie.

18. Dan het die mense wat aan Christus behoort het en gesterf het, verlore gegaan.

19. As ons hoop dat Christus ons red net vir hierdie lewe op die aarde, dan moet al die mense baie jammer wees vir ons.

20. Maar nee, God het vir Christus weer laat lewe, dit is seker. Christus is die eerste Een van almal wat gesterf het, en God het Hom weer laat lewe.

21. ’n Mens, Adam, het gesterf, en van toe af het almal in die wêreld gesterf. Maar nou het God ’n ander Mens, Christus, weer laat lewe, en daarom sal al die gelowiges wat gesterf het, ook weer lewe.

22. Ons is almal die nageslag van Adam, daarom sterf ons almal. Maar ons behoort ook aan Christus, en daarom sal God ons ook almal weer laat lewe.

23. Elkeen kry ’n beurt. Christus is die Eerste, God het vir Christus weer laat lewe. Later, wanneer Christus weer kom, sal die mense wat aan Hom behoort, ook weer begin lewe.

24. Daarna sal die einde kom. Die einde is wanneer Christus alles waaroor Hy regeer, vir God die Vader gee, en wanneer Christus almal en alles sal oorwin wat oor die wêreld wil regeer.

25. Want Christus moet regeer. Hy sal regeer totdat God Hom laat wen het teen al sy vyande.

26. Die laaste vyand wat oorbly, is die dood. Maar Christus sal die dood ook oorwin.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 15