Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 14:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Julle moet nooit ophou om lief te wees vir God en vir ander mense nie. Maar julle moet ook bid en hard werk vir die dinge wat die Heilige Gees vir julle gee, en die belangrikste wat Hy vir julle gesê het, is dat julle God se boodskap moet bring vir ander mense.

2. Want wanneer iemand in tale praat, dan praat hy nie met mense nie, hy praat met God. Niemand verstaan dit nie, want hy praat geheime wat die Gees vir hom gee.

3. Maar wanneer iemand die boodskap van God bring, dan praat hy met mense. En dit maak hulle geloof sterk, dit help hulle om aan te hou glo en dit troos hulle.

4. Wanneer iemand in tale praat, dan maak hy sy eie geloof sterk. Maar wanneer iemand die boodskap van God bring, dan maak hy die mense van die kerk se geloof sterk.

5. Ek wil graag hê dat julle almal in tale moet praat. Maar ek wil nog meer hê, ek wil hê dat julle God se boodskap moet bring. Iemand wat God se boodskap bring, is belangriker as iemand wat in tale praat. Iemand moet tolk en sê wat die persoon sê wat in tale praat. Dan sal dit goed wees vir die gemeente, want dan maak dit die gemeente se geloof sterk.

6. Vriende, dink nou goed hieroor: As ek na julle toe kom en ek praat in tale, dink julle dit kan vir julle help? Nee, ek kan julle net help wanneer ek vir julle iets sê wat God vir my gewys het of wanneer ek vir julle verduidelik wat God wil hê of wanneer ek God se boodskap bring of wanneer ek vir julle iets leer.

7. Dit is dieselfde met musiek-instrumente, dinge wat nie lewe nie. Dink aan ’n fluit of ’n harp. As iemand nie ’n fluit reg blaas nie of hy speel nie reg op ’n harp nie, dan sal ’n mens nie weet watter musiek dit is nie.

8. En wanneer iemand nie hard en duidelik op die trompet blaas sodat almal dit kan hoor nie, dan sal die soldate nie gereedmaak om oorlog te maak nie.

9. Dit is dieselfde in die gemeente. Wanneer iemand praat, maar julle kan nie verstaan wat hy sê nie, sal julle dan weet wat die persoon wil sê? Nee. Dan is dit soos wanneer iemand praat, maar die wind waai sy woorde weg.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 14