Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 13:7-13 Bybel vir Almal (ABA)

7. Hy word nooit moedeloos nie,hy hou aan om te glo en te hoop,hy bly geduldig.

8. Hy hou nie op om lief te weesvir God en vir ander mense nie.Daar is genadegaweswat sal ophou:Om God se boodskap te bring,sal ophou.Om in tale te praat, sal ophou.Om baie dinge te weet, sal stop.

9. Want ons weet net ’n bietjie,en ons bring net ’n bietjievan God se boodskap.

10. Maar eendag, wanneer alles issoos God dit wil hê,dan sal die dinge wat ons nouken en het,nie meer nodig wees nie.

11. Toe ek ’n kind was,het ek dinge gesê soos ’n kinddit sê,ek het gedink soos ’n kind,en ek het oor die lewe gepraatsoos ’n kind.Maar toe ek ’n grootmensgeword het,het ek die dinge van ’n kind gelos.

12. In hierdie lewe sien ons allesbaie dof,ons sien dinge soos in’n dowwe spieël.Maar eendag sal ons alleshelder sien,soos wanneer ’n mensvoor iemand staanen jy kan sy gesig goed sien.Nou weet ek nog nie alles nie.Maar eendag sal ek alles weet,soos God nou alles van my weet.

13. Daar is net drie dingewat regtig belangrik is,en dit is:om aan te hou glo,om aan te hou hoop,en om lief te wees vir Goden vir ander mense.Maar die belangrikste isom lief te wees vir Goden vir ander mense.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 13