Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 10:30-33 Bybel vir Almal (ABA)

30. Ek het vir die Here dankie gesê vir die kos wat ek eet. Hoekom sê iemand anders ek doen sonde wanneer ek kos eet waarvoor ek vir die Here dankie gesê het?”

31. Onthou, julle moet God prys met alles wat julle doen, ook wanneer julle eet of drink.

32. Julle moenie só lewe dat dit probleme gee vir Jode of Grieke of vir die mense van God se kerk nie.

33. Kyk wat doen ek: Ek probeer altyd om te vra wat vir ánder mense belangrik is. Ek doen nie net dinge wat goed is vir mý nie, ek doen dinge wat goed is vir baie mense, sodat God hulle kan red.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 10