Ou Testament

Nuwe Testament

1 Johannes 5:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Almal wat glo dat Jesus die Christus is, is kinders van God, en almal wat lief is vir God die Vader, is ook lief vir God se ander kinders.

2. Ons weet dat ons lief is vir die kinders van God wanneer ons lief is vir God en ons doen wat Hy vir ons sê.

3. Ja, ons is lief vir God as ons doen wat Hy vir ons sê. En dit is maklik om te doen wat God vir ons sê, want

4. elke kind van God oorwin die wêreld. Ons oorwin die wêreld wanneer ons in Jesus glo.

5. Ja, as ons glo dat Jesus die Seun van God is, dan oorwin ons die wêreld.

6. Ons weet dat Jesus Christus die Seun van God is, want Hy is gedoop en Hy het vir ons sonde gesterf. Ja, Hy is nie net gedoop nie, Hy het ook vir ons sonde gesterf. Ons weet dit omdat die Heilige Gees dit vir ons gesê het, die Gees wat altyd die waarheid praat.

7. Daarom is daar drie wat sê dit is die waarheid:

8. die Heilige Gees, Jesus se doop en Jesus se dood. Al drie sê dieselfde oor Jesus.

9. Ons glo wat mense vir ons sê. Maar wat God vir ons sê, is baie belangriker, en dit is God wat vir ons vertel het van sy Seun.

Lees volledige hoofstuk 1 Johannes 5