Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 20:7-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Wie reg doen en eerlik lewe,met sy kinders gaan dit goed.

8. Wanneer die koning moet regspreek,sien hy ál wat verkeerd is, raak.

9. Wie kan sê: “Ek is rein,ek is onskuldig, sonder sonde”?

10. Die Here het 'n afsku van mate en gewigtewat nou sus en dan so is.

11. Selfs 'n jongmens word geken aan wat hy doen,uit sy optrede blyk of hy eerlik en opreg is.

12. Die oor wat hoor, die oog wat sien —die Here het altwee gemaak.

13. As jy nie wil arm word nie, moenie lief wees vir slaap nie;staan vroeg op, en jy sal oorgenoeg hê om te eet.

14. “Sleg! Sleg!” sê die koper,maar as hy weg is, spog hy met sy winskopie.

15. Daar is goud, daar is edelstene,maar om met kennis van sake te praat, is nog kosbaarder.

16. As 'n vreemde vir iemand borg staan, vat sy klere van hom afen hou dit as pand, want hy is 'n uitlander.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 20