Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 20:15-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Daar is goud, daar is edelstene,maar om met kennis van sake te praat, is nog kosbaarder.

16. As 'n vreemde vir iemand borg staan, vat sy klere van hom afen hou dit as pand, want hy is 'n uitlander.

17. Kos wat oneerlik verkry is, smaak miskien goed,maar agterna sal jy klippe kou.

18. Planne wat op goeie raad steun, slaag;vra raad voor jy oorlog maak.

19. Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit;bly weg van iemand wat baie praat.

20. As jy jou vader en moeder vervloek,is jou lewe daarmee heen en bly net die pikdonker oor.

21. Besittings wat oneerlik verkry is,maak jou op die lang duur nie gelukkig nie.

22. Moenie sê: “Ek wil my wreek oor die kwaad wat my aangedoen is” nie;vertrou op die Here, en Hy sal jou help.

23. Die Here het 'n afsku van gewigte wat nou sus en dan so is;'n skaal wat nie reg weeg nie, is vir Hom nie goed nie.

24. Die Here bepaal 'n mens se koers;hoe sal 'n méns weet waarheen hy moet gaan?

25. Jy stel vir jouself 'n strik as jy oorhaastig iets aan die Here wyen agterna eers besef wat jy belowe het.

26. 'n Wyse koning sif die skuldiges uiten straf hulle genadeloos.

27. Die Here gee aan die mens die lewe.Die Here sien deur die hele mens.

28. Liefde en trou maak 'n koning veilig;deur liefde staan sy troon sterk.

29. Die trots van jongmanne lê in hulle krag;die versiering van oumense is hulle grysheid.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 20