Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 16:14-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Die woede van die koning dra die boodskap van die dood;'n wyse mens bring dié woede tot bedaring.

15. As die koning vriendelik is, is jy seker van jou lewe;sy goedgesindheid is soos 'n wolk wat lentereëns bring.

16. Probeer liewer wysheid bekom as goud,liewer insig as silwer.

17. Opregte mense vermy die kwaad op hulle lewensweg;wie nougeset lewe, hou homself in die lewe.

18. Op hoogmoed volg ondergang,op selfverheffing volg die val.

19. Liewer eenvoud saam met nederigesas om saam met hoogmoediges van roof te lewe.

20. Wie ag gee op die woorde van die Here, sal voorspoed geniet;wie op die Here vertrou,met hom gaan dit goed.

21. 'n Mens wat met wysheid bedeel is, word verstandig genoem,en as hy sy woorde reg kies, kan hy ook ander leer.

22. Insig is 'n bron van lewe vir wie dit het;onderrig deur dwase bly dwaasheid.

23. 'n Wyse mens praat verstandigen kies sy woorde so dat hy ander kan leer.

24. Aangename woorde is heuning,soet en geneeskragtig vir die mens.

25. Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk,maar die uiteinde daarvan is die dood.

26. 'n Werker se honger laat hom werk,sy behoefte aan kos dryf hom.

27. 'n Kwaadwillige mens bring net teenspoed;wat hy sê, is soos 'n verterende vuur.

28. Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis,iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.

29. Iemand wat niks ontsien nie, mislei sy naasteen laat hom 'n verkeerde pad loop.

30. Wie met sy oog knik, wil die waarheid verdraai;wie sy lippe saampers, is vasbeslote oor 'n boosheid.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 16