Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 15:20-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. 'n Wyse seun maak sy ouers bly,'n dwase mens minag hulle.

21. Iemand wat verstand kortkom,vind vreugde in sy dwaasheid;'n mens met insig leef reg.

22. Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie;dit slaag wanneer daar baie raadgewers is.

23. 'n Mens vind vreugde daarin as hy die antwoord het;wat is beter as die regte woord op die regte tyd?

24. 'n Verstandige mens se pad loop boontoe, na die lewe toe;hy ontkom die doderyk daar onder.

25. Die Here breek die hoogmoedige se huis afen beskerm die grond van die weduwee.

26. Die Here het 'n afsku van bose planne;aangename woorde is vir Hom aanneemlik.

27. Wie hom verryk ten koste van 'n ander,maak dat sy gesin verstoot word;wie omkoopgeskenke weier, sal lewe.

28. 'n Regverdige mens dink voor hy antwoord;goddelose mense sê net slegte dinge.

29. Die Here is ver van die goddeloses af,maar Hy hoor die gebed van die regverdiges.

30. Stralende oë bring blydskap,goeie tyding verkwik 'n mens.

31. Wie op 'n teregwysing ag slaan, sal leween 'n tuiste vind tussen mense wat wysheid het.

32. Wie onderrig in die wind slaan, gee nie om vir homself nie;wie op 'n teregwysing ag slaan, kry insig.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 15