Ou Testament

Nuwe Testament

Sefanja 2:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ruk julle reg, onbeskaamde nasie,

2. voordat die besluit voltrek word,voordat die dag kom en julle soos kaf wordvoor die gloed van die toorn van die Here,voordat die dag van die toorn van die Here oor julle kom.

3. Vra na die wil van die Here,alle nederiges in die land,almal wat doen wat die Here wil.Streef na geregtigheid, na nederigheid!Miskien bly julle die straf gespaarop die dag van die toorn van die Here.

4. Gasa sal verlate lê,Askelon sal geen inwoners hê nie,Asdod sal helder oordag ontvolk word,Ekron sal verwoes word.

5. Ellende wag vir dié wat aan die kus woon,dié wat van Kreta af kom!Die woord van die Here is teen julle:Ek gaan jou, Kanaän, Filistyneland, so vernietigdat daar niemand in jou woon nie:

6. die kusstreek sal net 'n weiveld weeswaar wagters vee laat wei,'n plek vir kleinveekrale.

7. Die kusstreek sal die eiendom wordvan wat daar oor is van Juda:húlle is die kudde wat daar sal weien snags in die huise van Askelon sal slaap,want die Here hulle God sal Hom oor hulle ontfermen hulle lot verander.

8. Ek het gehoor hoe Moab my volk verkleineer het,hoe die Ammoniete hom met minagting behandel het,hoe aanmatigend hulle was teenoor my volk se grondgebied.

9. So seker as Ek leef, sê die Here die Almagtige,die God van Israel:Moab sal soos Sodom worden die Ammoniete soos Gomorra:'n veld vol dorings en soutpanne,vir altyd verlate.Dié lande sal buit word vir wat daar oor is van my volk;dié wat oorgebly het van die nasie wat aan My behoort,sal hulle in besit neem.

10. Dit gebeur met Moab en die Ammonieteomdat hulle so hooghartig was,omdat hulle die volk van die Here die Almagtigeverkleineer het en aanmatigend was teen die volk.

11. Ontsagwekkend is die Here bo almal.Hy laat al die gode op die aarde wegteer sonder offers,en al die kuslande van die nasies buig voor Hom,elkeen op sy eie plek.

12. Ook julle, Kussiete,word deur die swaard van die Here afgemaai.

13. Daarna steek Hy sy hand uit teen die noordeen maak Hy 'n einde aan Assirië:Hy maak Nineve 'n stad sonder inwoners,'n droë weiveld.

Lees volledige hoofstuk Sefanja 2