Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 3:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het my 'n gesig laat sien. Ek het die hoëpriester Jesua voor die engel van die Here sien staan, en regs van hom het die Satan gestaan, besig om Jesua aan te kla.

2. Die Here het vir die Satan gesê: Ek sal jou straf, Satan, Ek wat Jerusalem my woonplek gemaak het, sal jou straf. Hierdie man is soos 'n stuk hout wat uit die vuur gered is.

3. Jesua het klere aangehad wat liederlik bevuil was. Hy het daar voor die engel gestaan,

4. en die engel het vir sy helpers gesê: “Trek uit dié liederlike vuil klere van hom.”Vir Jesua het hy gesê: “Ek het jou jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek.”

5. Toe sê ek: “Hulle moet 'n skoon tulband op sy kop sit!”Hulle het die skoon tulband op sy kop gesit en hom aangetrek terwyl die engel van die Here daar by staan.

6. Daarna het die engel van die Here vir Jesua belowe:

7. “So sê die Here die Almagtige: As jy lewe soos Ek dit wil, as jy die voorskrifte vir my diens onderhou, sal jy die gesag hê oor my huis, die verantwoordelikheid dra vir my heiligdom. Jy sal toegang tot My hê, net soos hierdie engele.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 3