Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 2:4-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Hy het vir dié engel gesê: “Hardloop en sê vir daardie jongman: Jerusalem gaan 'n stad sonder mure word, so baie mense en diere gaan daar in hom wees.

5. Die Here sê: Ek sal 'n muur van vuur rondom die stad wees, my magtige teenwoordigheid sal binne-in hom wees.”

6. Kom, kom, vlug uit die noordland! sê die Here. Ek het julle na die vier windstreke toe verstrooi, sê die Here.

7. Kom, Sion, jy wat in Babel woon, kom weg daar!

8. So sê die Here die Almagtige wat my met volmag gestuur het na die nasies toe wat oorlogsbuit van julle gemaak het: Wie aan julle vat, vat aan my oogappel.

9. Met een waai van my hand teen hulle gaan Ek hulle die gevangenes van hulle eie slawe maak.Wanneer dit gebeur, sal julle weet dat die Here die Almagtige my gestuur het.

10. Juig, Sion, wees bly! Ek kom, Ek gaan binne-in jou woon, sê die Here.

11. Daardie dag sal baie nasies hulle aan die Here verbind: hulle sal my volk wees, en Ek sal in jou woon, Sion.Wanneer dit gebeur, sal jy weet dat die Here die Almagtige my na jou toe gestuur het.

12. Daar, op die heilige grond, sal die Here weer vir Juda in besit neem as die volk wat Hom toekom, sal Hy Jerusalem weer sy woonplek maak.

13. Wees stil voor die Here, al wat leef! Hy kom uit sy heilige woning te voorskyn!

Lees volledige hoofstuk Sagaria 2