Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 1:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In die tyd van die leiers was daar op 'n keer hongersnood in die land, en 'n man met sy vrou en sy twee seuns het uit Betlehem in Juda weggetrek om 'n heenkome te soek in die gebied van Moab.

2. Die man was Elimelek, sy vrou Naomi, en sy twee seuns Maglon en Kiljon. Hulle was afkomstig uit Efrata in Betlehem in Juda. Hulle het in Moab aangekom en hulle daar gevestig.

3. Toe Naomi se man, Elimelek, sterf, het sy en haar twee seuns alleen agtergebly.

4. Die twee seuns het later getrou met die Moabitiese meisies Orpa en Rut. Naomi en haar seuns het omtrent tien jaar in Moab gebly.

Lees volledige hoofstuk Rut 1